Waterdraak (astrologie)

壬辰

Die Waterdraak (壬辰, rénchén) is die 29ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die negende Hemelstam (壬, rén; die element Water en Jang) met die vyfde Aardtak (辰, chén), gesimboliseer deur die Draak (龍, lóng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterdraakjaar het in 2012 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 23 Januarie 2012 tot 9 Februarie 2013.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search